Update
SUID-KAAP NUUS - 'n Hoogtepunt van die kamp wat die kinders van Die Herberg op Robertson gedurende Desember verlede jaar kon bywoon, was die neerskryf van alles wat hulle kwel by hul ouerhuis, die skool, hulself, asook hul hartsbegeertes en toekomsdrome.
Hierdie briefies word dan een aand aan 'n houtkruis vasgespyker, aan die Hemelse Vader opgedra en dan tot as verbrand.
So word die laste wat gepla het, simbolies vernietig en verwyder.
Gino Mouton is deur 'n erge hakkelprobleem gepla. Hy kon nouliks twee woorde na mekaar uitkry. Voor 'n saamtrek in Augustus 2018 by die Nonarosa-boskamp het hy reeds in die tehuis vertel dat hy nie meer gaan hakkel wanneer hy van die kamp af terugkeer nie. Hy gaan sy las by die kruis neerlê.
Wonderbaarlik, toe hy van die kamp af terugkeer, hakkel hy nie meer nie.
Lees 'n vorige artikel hier: 'n Wonderwerk by die houtkruis.
Gino Mouton biddend by die kruis. Foto's verskaf'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'