RIVERSDAL NUUS - Die vyf mans wat aangekla word van die moord op Heila Kilian (63) in April verlede jaar, het Maandag 3 Junie weer vlugtig in die landdroshof op Riversdal verskyn.
Kilian het by haar suster Brenda Thomas en haar man David op hul kleinhoewe buite Stilbaai gekuier toe sy tydens ’n plaasaanval noodlottig gewond is.
“Wonderbaarlik kan ’n mens vorentoe beweeg en net met genade van Bo kry ’n mens krag om alles te verwerk en steeds vas te hou aan hoop,” het Brenda vroeër gesê.
Die vyf het nie vir borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.
Hulle verskyn weer op 1 Julie in die hof.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Die swartste dag van my lewe
- Stilbaai 5 weer vlugtig in hof
- Stilbaai 5 laat borgaansoek vaar
- Moordbeskuldigdes weer in hof
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'