Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die Duivenhoksdam loop reeds vanaf Vrydag 2 Februarie oor.
Volgens Kobus Meyer, waterfiskaal van die Duivenhoks-besproeïngsraad is waterbeperkings slegs twee dae voor die reën vir boere ingestel.
Sy groot taak is om te kyk dat water so regverdig moontlik onder weidings- en groenteboere versprei word.
Daar is 150 ml reën vir Januarie op Ben Coetzee se plaas, ongeveer 20 km buite die dorp gemeet.
Slegs 'n gedeelte van die dam se opvangs kom daarvandaan.
"Die dam reageer baie gou op die reën uit die suid-ooste. Die opvangs is baie goed," het Meyer gesê.
Volgens die dam toep was dit 100,5% op 2 Februarie, terwyl dit voor die reën slegs 69,2% vol was.
Verlede jaar dieselfde tyd was dit 80,6% vol.
Die dam het 'n kapasiteit van 6,4 miljoen m³ en is net buite Heidelberg in Ertjiesvleiberg geleë.
Dit is in 1960 begin bou en in 1963 voltooi.
Kyk 'n video hieronder:
Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder van Hessequa-munisipaliteit het by navraag gesê dat, hoewel die streek die afgelope maand heelwat reën ontvang het, waterbeperkings steeds in plek is vir die hele streek.
"Die instelling van waterbeperkings is noodsaaklik in alle gebiede en op alle dorpe om die behoud van waterbronne te verseker.
"Waterbesparing moet deel word van verbruikers se lewenstyl."
Die landelike gebied en areas wat deur die brand geaffekteer is, is steeds droog.
Die munisipaliteit het op 6 Februarie saam met die departement plaaslike regering Wes-Kaap, water en sanitasie nasionaal, Eden-distriksmunisipaliteit en Breede-Gourits water catchment management area vergader oor droogte-assessering en maatreëls wat getref kan word.
Lees 'n vorige artikel: Duivenhoksdam loop oor
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'