Update
RIVERSDAL NUUS - Johan en Susan Ellis, die eienaars van die verlore worshondjie Chappie, waaroor Suid-Kaap Forum verlede week berig het, was verheug met die nuus dat hy gevind is.
Volgens Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society (Cars) het sy Saterdagoggend 26 Augustus 'n oproep van 'n damespersoon gekry wat haar meegedeel het dat sy Chappie by die begraafplaas opgemerk het.
Lotz vertel sy het gevra dat die dame net daar moet bly en het inderhaas gegaan om te gaan ondersoek instel.
"My grootste vrees was dat dit nie Chappie was nie, maar ek het 'n Weense worsie saamgeneem om hom daarmee te lok. Hy word al vanaf Vrydag 18 Augustus gesoek en ek het geweet hy sou baie verwilderd wees."
"Ek het die eienaars intussen laat weet en hulle het vanaf Ladismith deurgery. Hy was baie maer, verwaarloos en vol bosluise, maar ons het hom na 'n lang gesukkel vasgetrek. Intussen het die eienaars die dorp ingery en was oorstelp van vreugde toe dit wel Chappie was."
Johannet Tommie Strydom sal die beloning van R500 ontvang wat die Ellis-egpaar aangebied het vir die terugvind van Chappie. Volgens Lotz was dit wonderlik om te sien dat hulle die hondjie met sy familie kon herenig.
Lees 'n vorige artikel: Weet iemand waar Chappie is?
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'