RIVERSDAL NUUS -Johan en Susan Ellis, afkomstig van Ladismith vra die gemeenskap van Riversdal se hulp om hul verlore worshondjie, Chappie, terug te vind.
Volgens Sandra Lotz van Community Animal Rescue Society (Cars) het die gesin Vrydag 18 Augustus deurgekom om iemand by die bus af te laai.
"Hulle is na Huis Wallace Anderson waar hul nog opgelet het dat die hondjie in die motor is. Daarna is hul na Bali Trading waar hulle agtergekom het dat die hond nie meer in die motor is nie."
Volgens Lotz het hul Vrydagaand tot baie laat na hom gesoek. "Die hondjie is in Proteastraat opgemerk, asook in die omgewing van die AP Kerk in Heidestraat. Ons het die hele naweek na hom gesoek. Ek vra die hulp van die gemeenskap om my te skakel indien hul weet waar Chappie is. Sy eienaars mis hom baie." Hy het 'n blou nekbandjie aan. Die eienaars bied ook 'n beloning aan.
Indien jy enige inligting het skakel Lotz by 082 962 1831.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'