Update
HESSEQUA NUUS - Die uitreik van permitte om beheerde brande uit te voer, is op Dinsdag, 1 Desember deur Hessequa-munisipaliteit gestaak.
Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte sê die maatreël is deel van die voorsorgmaatreëls vir die somerbrandseisoen.
"Die munisipaliteit sal die gemeenskap in kennis stel wanneer die Hessequa-omgewing en toestande veilig is om die brandseisoen af te sluit."
Budricks het die gevaar van onbeheerde brande beklemtoon en sê die munisipaliteit doen 'n beroep op alle inwoners en besoekers om seker te maak dat geen vure onbewaak gelaat word nie, droë materiaal te beperk en op die windrigting bedag te wees.
"Die nagevolge van die onbeheerde brande in Knysna is nog vars in die geheue en brandskade moet deur almal voorkom word."
Indien 'n veldbrand of enige struktuurbrande in die Hessequa-gebied opgemerk word, kan die munisipaliteit se 24 uur noodnommer (028 713 2222) geskakel word. "Die gemeenskap word byvoorbaat vir hul begrip en goeie samewerking bedank."
Vorige artikel: Uitreik van brandpermitte stop
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'