HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit sal vanaf Dinsdag, 1 Desember geen permitte vir beheerde brande in die munisipale gebied uitreik nie.
Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte sê die maatreël is deel van die voorsorgmaatreëls vir die somer brandseisoen.
“Die munisipaliteit sal die gemeenskap in kennis stel wanneer die Hessequa-omgewing en toestande veilig is om die brandseisoen af te sluit.”
Indien ‘n veldbrand of enige struktuurbrande in die gebied opgemerk word, kan die munisipaliteit se 24 uur noodnommer (028 713 2222) geskakel word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'