HESSEQUA NUUS - Die ANC in die streek het gesê dat hy sy meegevoel aan die families van die mense wat hul huis deur die vuur verloor het, deel.
'n Brand in Enkanini, Kwanokuthula het verlede week bykans 23 huise verwoes.
Die ANC LPP vir Hessequa, Cameron Dugmore, wyksraadslid Elias Dayimani, asook plaaslike ANC takbesture van Hessequa het hulle vriende op sosiale media genader vir hulp.
Hulp het ingestroom na die plaaslike ANC Parlementêre kantoor op Riversdal. Die St. Andrews Kerk het ook bydraes gemaak.
“Dit is hartverskeurend om te sien hoe vinnig 'n brand kan uitbreek en hoe vinnig mense alles - hul hele lewe - net so kan verloor,” het Dugmore gesê.
Die ANC doen 'n beroep op alle vrywilligers van die ANC en gemeenskapslede om die Enkanini huishoudings wat deur die brand geraak is te help.
Dayimani kan gekontak word by 082 523 5596 of die plaaslike ANC Parlementêre kantoor by 028 713 3884 vir skenkings.
Lees 'n vorige artikel: Behoefte groot na brand
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'