KWANOKUTHULA NUUS EN VIDEO - Die behoefte is groot in die informele nedersetting naby Riversdal waar gister bykans 23 strukture ( of "hokke", sood die inwoners daarna verws) verbrand het.
Inwoners het vertel dat die brand deur ’n kortsluiting veroorsaak is, waar krag onwetting en onveilig aangelê is.
Dit kan nog nie bevestig word nie en volgens die munispaliteit word die saak ondersoek.
Die Anna Lupini gemeenskapsaal is vir die geaffekteerdes deur die munisipaliteit oopgestel. Kospakkies, sop en broodjies is vanuit die saal aan hulle uitgedeel.
Tans is daar ’n groot tekort aan klere, veral vir kinders. Ander noodbehoeftes is warm baadjies, komberse, kos (nie bevrore), kanne water, tandeborsels, tandepasta, waslappe, seep en wasskottels.
Kyk 'n video hieronder.
’n Vreemdeling gee aan ’n jong kind water.
Lees 'n vorige artikel: Honderde dakloos na brand
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Karoo nuus'