HESSEQUA NUUSFLITS - Inwoners van die informele nedersetting in Kwanokuthula was in chaos gedompel nadat ’n brand omstreeks 14:00 vandag, 27 Maart in Thembanistraat begin het.
Dit is onbekend hoe en presies waar die brand ontstaan het. Op die oomblik is daar geen beserings aangemeld nie. Meer as 13 hokke (soos inwoners dit noem) het afgebrand.
Dit het vining versprei hoewel die brandweer op die toneel was. Almal het rondgeskarrel om te help om mekaar se besittings te ontruim.
Hessequa brandweer, verkeer en tegniese personeel, Working on Fire, EMS en die polisie is tans op die toneel. Die brand is tans onder beheer, maar is die toneel nog nie as veilig verklaar nie.
Die Anna Lupini gemeenskapsaal is deur die munisipaliteit beskikbaar gestel vir noodhuisvestiging vir geaffekteerdes.
Een van Working on Fire se brandbestryders op die toneel.
Inwoners dra hul besitting uit hul huise tot op ‘n veilige plek.
Inwoners het die brandweer bygestaan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'