Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Dié dorpie se eie Blitsbok, Darren Adonis, het Saterdag 30 April die plaaslike sportterrein besoek om 'n muurskildery van hom amptelik 'af te teken'.
Die muurskildery is deur Sonja Margerison, Christo Gelant, Wilma Steytler en Marietjie Kleinhans op een van die mure van 'n gebou op die sportterrein geskilder.
Margerison het gesê dat die inwoners van Melkhoutfontein met die idee vorendag gekom het, sodat Darren op hierdie wyse vereer kan word.
Darren was hoogs tevrede met die eindproduk en het die kunstenaars bedank. "Dit is presies soos wat ek is en julle kan baie tevrede met jul handewerk wees," het hy gesê.
Volgens hom het van sy vriende hom laat weet dat daar iets van hom geteken word, maar hierdie skildery het sy wildste drome oortref.
Die Blitsbok het die ligamente in sy voet tydens die Singapore-toernooi geskeur, maar hy is vol vertroue dat hy gereed sal wees om weer in September te kan speel.
VIDEO - Blitsbok op muurskildery verewig:
Vorige artikel: Melkies se Blitsbok vereer
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'