Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die beplanningsfase van Hessequa-munisipaliteit se Melkhoutfontein-behuisingsprojek is tans in die finale stadium.
Dit volg na die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning die rekord van besluit/omgewingsgoedkeuring uitgereik het. Dit bevat sekere voorwaardes waaraan voldoen moet word voor die "stof letterlik kan draai" op die ontwikkelingsterrein.
Die terreinoorhandigingsvergadering het op Maandag, 1 Maart in die Melkhoutfontein-saal plaasgevind.
Die kontrakteur, ASLA-konstruksie sal gedurende die volgende twee weke 'n kamp en terreinkantoor in Melkhoutfontein vestig. Daarna sal die eerste fase van die groter projek, naamlik die installering van 'n rioolstyglyn en pompstasie plaasvind.
Die res van die projek sal in fases plaasvind en behels die ontbossing van die ontwikkelingsterrein, installering van interne siviele dienste (water, riool, paaie en elektrisiteitsnetwerk) en uiteindelik die konstruksie van huise vir goedgekeurde begunstigdes in lyn met die regering se beleid.
Die projek maak uiteindelik voorsiening vir 585 gedienste erwe en is dit 'n multi-jaar projek. Dit sal geleenthede vir voornemende begunstigdes bied wat in die volgende inkomste kategorieë val: R0 tot R3 500; R3 501 tot R7 000 en R7 001 toto R22 000 gesamentlike maandelikse huishoudelike inkomste.
Voornemende begunstigdes van Melkhoutfontein-omgewing word aangemoedig om te verseker dat hul data op die behuisingsdatabasis volledig opdateer is, sodat hul nuutste inligting daarop reflekteer. Verder moet hulle oor 'n wettige identiteitsdokument beskik.
Vorige artikel: Beplanning van behuisingsprojek in finale stadium
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'