Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Die streek spog met vier groot riviere in die streek; die Breede-, Gouritz-, Goukou- en Duivenhoksriviere.
Buiten dat dit 'n belangrike ekologiese rol speel, word dit grootliks gebruik deur inwoners om verskeie sport- en buitemuurse aktiwiteite te beoefen.
Rivierbeheer word toegepas deur 'n span beamptes wat diens op elke rivier doen, veral in die besige seisoen, naweke en vakansietye.
Hul pligte sluit in die patrollering van die rivier, toepassing van munisipale wetgewing soos nagaan van hengellisensies, nagaan van bote se veiligheidstoerusting, om te verseker bote het geldige permitte, uitskryf van waarskuwings en boetes indien nodig, die voorkoming van konflik tussen mede-riviergebruikers, verwydering asook merk van boomstompe in die estuariums waar moontlik, voertuig- en bootbeheer waar nodig (sleephelling en parkering), uitreik van permitte, asook om daarop te fokus om goeie verhoudinge met riviergebruikers te bevorder.
Hessequa verskaf self opleiding aan persone in beheer by die onderskeie sleephellings in die streek.
"Die persone is reeds jare in Hessequa se diens en verskaf hulle weer op hul beurt opleiding aan alle nuwe personeel," sê Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder.
Die munisipaliteit bedank al die rivierbeamptes, CapeNature en die plaaslike polisie vir hul bystand, veral op die Gouritz- en Goukouriviere, asook die Laer-Breederivier Trust vir hul uitstekende diens op die Breederivier.
Samantha Hendricks vir haar waardevolle ondersteuning op Gouritsmond en die lede van die Goukourivier Bewoners Organisasie, wat as vrywillige rivierbeheerbeamptes namens die munisipaliteit bo in die Goukourivier diens gedoen het.
Klik hier vir 'n vorige artikel: Beamptes in plek vir rivierbeheer
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'