Gallery
HESSEQUA NUUSFLITS - Die streek spog met vier groot riviere in die streek; die Breede-, Gourits-, Goukou- en Duivenhoksriviere. Buiten dat dit 'n belangrike ekologiese rol speel, word dit grootliks gebruik deur inwoners om verskeie sport- en buitemuurse aktiwiteite te beoefen.
Rivierbeheer word toegepas deur 'n span rivierbeamptes wat diens doen op elke rivier, veral in die besige seisoen, naweke en vakansietye.
Hul pligte sluit in die patrollering van die rivier, toepassing van munisipale wetgewing soos nagaan van hengellisensies, nagaan van bote se veiligheidstoerusting, om te verseker bote het geldige permitte, uitskryf van waarskuwings en boetes indien nodig, die voorkoming van konflik tussen mede-rivierverbruikers, verwydering asook merk van boomstompe in die estuariums waar moontlik, voertuig- en bootbeheer waar nodig (sleephelling en parkering), uitreik van permitte, asook om daarop te fokus om goeie verhoudinge met rivierverbruikers te bevorder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'