ALBERTINA NUUS - 'n Aanvanklike gedagte ongeveer 15 jaar gelede om Great Dane “rescue’-honde te huisves, het gou na Pomeranian-honde verander toe Renette Geerdink van Albertinia vir haarself so 'n hondjie aangeskaf het.
Die een hondjie het twee geword en mense van heinde en ver het haar begin kontak vir huisvesting vir 'n hond. Daarna het Pomeranian-rescues ingestroom.
“Pomeranian honde is maar baie raserig,” vertel sy. “Wanneer die bure begin kla omdat hulle te veel blaf, moet sy 'n ander huis vir hom kry.”
Volgens haar is baie van die honde mishandel en ander sit met onderliggende siektes soos hartkwale, sommige was blind en ander doof.Millie, een van haar rescues was taamlik mishandel, maar die hondekind het 'n koningslewe by Renette gelei en is op die ouderdom van 16 aan 'n hartkwaal dood. Millie het van die Kaap af gekom. Sy het al honde van sover as Frankford, Pretoria, Bloemfontein en selfs Hermanus ontvang.
Met Suid-Kaap Forum se besoek was dit duidelik dat die hondekinders lekker bederf word. Elke hondjie het sy eie bed waarop hulle kan slaap en hulle het beslis nie 'n tekort aan aandag nie. Wanneer Renette oor van die hondjies praat wat oorlede is, vloei die trane sommer.
Dié honde-ma kry blykbaar geen hulp van enigiemand nie en versorg sy hulle uit haar maandelikse salaris. Rocco en Uno is tans die oudste Pomeranian-honde in die huis. Rocco is die eerste pom wat sy gekoop het.
Haar raad aan honde eienaars is om seker te maak dat die ras of soort hond wat jy kies, vir jou geskik is. “Kyk mooi na hulle, want hulle is soos kinders wat aanhoudend aandag soek."
Elke hondjie het sy eie bed waarop hy slaap.
Read previous articles:
'Ons bring jou die nuutste Albertina, Hessequa nuus'