ALBERTINIA NUUS - 'n Aanvanklike gedagte van ongeveer 15 jaar gelede, om Great Dane “rescue’-honde te huisves, het gou na pomeranian-honde verander toe Renette Geerdink van Albertinia vir haarself so 'n hondjie aangeskaf het.
Die een hondjie het twee geword en mense van heinde en ver het haar begin kontak vir huisvesting vir 'n hond.
Daarna het pomeranian-rescues ingestroom.
Volgens haar is baie van die honde mishandel en ander sit met onderliggende siektes soos hartkwale, sommige was blind en ander doof.
Dié honde-ma kry blykbaar geen hulp van enigiemand nie, en sy versorg hulle uit haar maandelikse salaris.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'