Gallery Update Video
ALBERTINIA NUUS - Albertinia spog nou met sy eie satelliet-brandweerstasie.
Die fasiliteit is in die ou Mosgas-gebou, Bokmakieriestraat in Theronsville geleë.
Dit is op Donderdag, 30 September geopen en word deur die bemanningslede beman.
"Hessequa-munisipaliteit het reeds in 2016 besluit dat hul graag 'n brandweerstasie hier wil vestig, maar die finansies was 'n groot komplikasie," het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles wat die opening behartig het, gesê. "Die geskikte gebou was in 'n baie slegte toestand en die uitgawes wat daarmee gepaard gaan moes in ag geneem word. Voertuie en toerusting moes aangeskaf word, wat baie duur is."
Die Raad het besluit om dit stuk-stuk te doen. Ten minste ses bakkiesakkies was nodig en ses permanente persoonneellede is aangestel.
FOTOGALERY: Sateliet-brandweerstasie vir Albertinia
"Die munisipaliteit het met Working on Fire (WoF) 'n venootskap aangegaan om 'n bekostigbare diens te kan lewer. Die WoF se grondspan het op eie stoom ingespring om hierdie gebou op te knap en het lang ure ingesit om dit leefbaar te maak," het Riddles gesê.
VIDEO: Albertinia kry sateliet-brandweerstasie
Verskeie sprekers het WoF geloof vir hul bereidwilligheid en harde werk, asook al die borge en lede van die gemeenskap wat ook ingespring het om te help.
"Almal kan trots wees op dit wat hul vermag het en die dorp kan ook trots op hierdie brandweerstasie wees," het die speaker, Andrew Stroebel bygevoeg. Hy het ook alle departemente wat betrokke was om die satellietstasie moontlik te maak, bedank.
Raadslid Grant Riddles het die opening behartig.
VORIGE ARTIKEL: Albertinia kry sateliet-brandweerstasie
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'