Update
RIVERSDAL NUUS - Twaalf verdagtes is in verband met die diefstal van rekenaars by Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool aangekeer.
“Die mense is vir die besit van gesteelde goedere wat met die diefstal verband hou, in hegtenis geneem,” het konst. Venia Daries, polisie mediawoordvoerder op Dinsdag 28 April gesê.
Die slot van die veiligheidshek by die hoofingang in Varkevisserstraat is tussen 10:00 op Dinsdag 14 April en 11:30 op Vrydag 17 April oopgebreek. Die rekenaarlokaal se deur is oopforseer.
Die verdagtes het 40 Dell- en 40 Mecer-rekenaarkaste, asook 40 Mecer-rekenaarskerms ter waarde van R609 000 gebuit.
Vorige artikel: Skool se rekenaarkamer gestroop
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'