RIVERSDAL NUUS - Een van die hoërskole op die dorp is ’n gevoelige slag toegedien toe die rekenaarkamer leeggedra is.
Gerrit du Plessis Senior Sekondêr het tussen 10:00 op Dinsdag 14 April en 11:30 op Vrydag 17 April onder diewe deurgeloop.
Die slot aan die veiligheidshek in Varkevisserstraat is gebreek en die rekenaarkamer se deur is oopforseer.
Die verdagtes is met 40 Dell- en nog 40 Mecer-rekenaarkaste en 40 Mecer-rekenaarskerms ter waarde van R609 000 vort. Drie verdagtes is aangekeer, maar die polisieondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die speurders by 079 894 1595 kontak.
- Twee rolle swart waterpyp en motorwerktuigkundige gereedskap, wat vermoedelik gesteel is, is deur die polisie gevind. Kontak ao. Jeffrey Bezuidenhout by 028 713 8500 as dit aan u behoort.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'