Lizette da Silva van Group Editors met Rosco Syster, die 26-jarige talentvolle rugbyspeler van Pacaltsdorp wat sy merk maak in die SWD Arende-groep. Syster, wat al vir plaaslike klubs Evergreens en Progress uitgedraf het, het in 2022 vir die eerste keer met trots die Arende-trui oor sy kop getrek. Hy deel met ons hoe dit voel om nou onder die leiding van die nuwe Arende-hoofafrigter, Heyneke Meyer, te werk. Hy vertel ook waar sy liefde vir rugby begin het, hoe sy gemeenskap en mentors sy loopbaan gevorm het.