EDEN NUUS - Stilbaai-hengelklub het die beste gevaar tydens die eerste somerliga van Eden-hengelvereniging op 30 September met 39.92 punte.
Die liga het op Kanon vanaf Gouritsmond tot by Vegkop plaasgevind. Die hengelaars het om 06:00 by Stoepsit bymekaargekom.
Die kompetisie het 07:00 begin en almal het 15:00 opgehou hengel.
Die swaarste oneetbare vis was 'n hondhaai van 15,63kg wat deur Stefan van Huyssteen van Stilbaai ingeweeg is.
Die totale massa vis gedurende die kompetisie was 183,05 kg en 140 hengelaars het deelgeneem.
Posisie van die klubs (klub, punte)
A-liga
Stilbaai 39.92; Outeniqua 23.05; George 20.71; Mosselbaai 19.20; Atlantic 18.79; Triton 17.24; Knysna 10.91.
B-liga
Knysna 20.67; Triton 11.58; George 5.47; Stilbaai 5.13; Atlantic 3.28; Outeniqua 2.68.
C-liga
George 23.16; Atlantic A 11.92; Atlantci B 3.65.
Top 5 hengelaars vir die dag
Antoi Forbes 16.24; Stefan van Huyssteen 15.63; Hein Gossmann 15.27; Matthew Sumner 13.38; Henrico Lesch 13.27.
Die volgende kompetisie vind op 21 Oktober plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'