SUID-KAAP NUUS - André Coetzee van Stilbaai-hengelklub het 'n sloephaai gavang wat die skaal op 23.64 kg getrek het.
Dit was die swaarste oneetbare vis tydens die eerste somerliga van die Eden-hengelvereniging vir 2018/2019 wat op Saterdag 29 September op Buffelsbaai Rowwehoek plaasgevind het. Meer as 100 hengelaars het aan die liga deelgeneem.
George-hengelklub het daarin geslaag om die beste met 76.18 punte te vaar. Die tophengelaar was Cornel Grundling van George-hengelklub met 32.30 punte.
Jonathan Wiehahn o.16 van Outeniqua-hengelklub is as die topjunior met 4.59 punte aangewys. Hendrik Klein van Atlantic-hengelklub in George is met 3.62 punte as top-grootmeester aangewys. Die topmeester was Lynton Wood van Knysna-hengelklub met 7.44 punte.
Die grootste eetbare vis, 'n 3,73 kg kabeljou is deur Lynton Wood van Knysna-hengelklub gevang. Na die eerste kompetisie is die top-3-hengelaars aangewys: Cornel Grundling (32.30), André Coetzee (27.84) en Pierre Juan du Plessis (26.00).
Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie gevang is, was 305,75 kg.
56 Oneetbare en 26 eetbare visse is gevang.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'