SUID-KAAP NUUS - Stilbaai-hengelklub is Saterdag 18 Mei as algehele wenners van die somer én winter hengelliga in George aangewys.
Eden-kushengel het tydens 'n spoggeleentheid sy hengelaars vereer vir die prestasies wat hulle gedurende die afgelope jaar bereik het.
Triton van Mosselbaai het daarin geslaag om die B-afdeling te wen en in die C-afdeling het George as die wenners weggestap.
Die sportvrou van die jaar-titel is deur Elzaan Cronjé, die topdame en administrateur van die jaar is Mariëtte Westraadt, en die grootste oneetbare vis-trofee is deur Henry Terblanche met 'n swartpylstert van 111,88 kg ingepalm. Al drie is ook van Stilbaai.
Ander wenners
Die tophengelaar vir die jaar is Andrew Wood van Knysna, die topgrootmeester Hennie Klein van Atlantic in George, en die topmeester Kallie Erasmus van Knysna.
Die top o.21 is Kyle Smal van Knysna, wat ook die trofee vir die grootste kabeljou van
39,18 kg ontvang het. Die top o.16 is Juanco Boshoff van Triton en die meeste vis-trofee, asook sportman van die jaar, is deur Raldo Potgieter van Knysna ingepalm. Die pa-en-seun trofee is aan Regard en Duan Lesch toegeken.
Die spanne wat volgende jaar teen die ander provinsies in die land gaan deelneem, is ook bekend gemaak.
Die wenners van die A-liga is, van links: Ruaan Westraad, Henry Terblanche, Willie Vorster, André Olivier, Xander de Beer, Dirkie Saayman en Stephan van Huysteen.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'