Update
STILBAAI NUUS - Die plaaslike hengelklub slaag Saterdag 4 November op eie bodem daarin om 155,49 tydens die derde somerliga van die Eden-hengelvereniging aan te teken en vaar dus die beste op die betrokke dag.
AJ de Beer van die klub is die tophengelaar van die dag met 54,71punte.
Die topjunior is Marius Baard (o.21) van George met 20,64 punte, die topmeester Deon Naude van Triton met 40,68 en die topdame Marizelle Esterhuizen met 14,62 punte.
Sy was ook die tophengelaar vir o.16-groep.
Die grootste eetbare vis, 'n baardman van 6,15 kg is deur Attie Barnardo van Outeniqua gevang en die swaarste oneetbare vis, 'n bulrogpylstert van 43,90 kg deur Paul Kruger van Triton.
Die totale massa vis wat gevang is, was 596,58 kg en 143 hengelaars aan die liga deelgeneem.
Puntestand
A-liga:
• Stilbaai 245,35;
• George 183,79;
• Knysna 157,95;
• Triton 129,03;
• Atlantic 116,94;
• Mosselbaai 79,79;
• Outeniqua 68,63.
B-liga:
• Triton 144,83;
• George 80,30;
• Stilbaai 54,48;
• Knysna 48,35;
• Atlantic 42,42;
• Outeniqua 6,18.
C-liga:
• Atlantic A 52,88;
• George A 39,82;
• Stilbaai C 22,72;
• Atlantic B 11,92;
• George B 1,12;
• Outeniqua 0,38.
Top-5-hengelaars
1. Renier Nortje, Knysna 83,26;
2. Marius Baard, George 68,73;
3. AJ de Beer, Stilbaai 54,71;
4. Henry Botha, Atlantic 49,76 en
5. Stefan van Huyssteen, Stilbaai 44,76.
Die volgende kompetisie is Saterdag 25 November in die Mosselbaai omgewing.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'