STILBAAI NUUS - Die plaaslike hengelklub het na die derde posisie in die A-liga teruggesak en die vyfde posisie in die B-liga na die tweede somerliga van Eden hengel-assosiasie op Saterdag 21 November.
Hengelaars het by Klein-Brakriviermond bymekaargekom en die liga het vanaf Groot-Brak tot by Hartenbos gestrek.
George-hengelklub het die beste gevaar.
Renier Nortje van Knysna was die tophengelaar, Marius Baard (o.21) van George die topjunior, Jakobus de Jager van Atlantic die topmeester, Nicole Crause die top dame en top o.16-hengelaar.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Jacques Snyman van Triton, 'n mosselkraker van 3,99 kg en die swaarste oneetbare vis was 'n bulrog pylstert van 83,26 kg wat ingeweeg is deur Nortje.
Die totale massa vis wat gevang is, was 555,67 kg en 150 hengelaars het deelgeneem.
Hierdie bullrog pylstert het aan Renier Nortje goeie punte besorg.
Puntestand
A-liga
(Klub, punte): George 132,30; Knysna 113,24; Stilbaai 89,86; Atlantic 89,67; Triton 85,79; Mosselbaai 37,78 en Outeniqua 24,37.
B liga
George 66,33; Triton 56,94; Knysna 23,31; Atlantic 23,16; Stilbaai 11,61 en Outeniqua 2.68.
C-liga
George 25,59; Atlantic A 23,78 en Atlantic B 11,92.
Top-5-hengelaars
Renier Nortje, 83,26; Marius Baard, 48,09; Jacobus de Jager, 35,81; Alex Smidt, 35,31 en Cornel Grundling, 35,17.
Jakobus de Jager spog met sy sloephaai van 25 kg.
Die volgende kompetisie vind Saterdag 4 November op Stilbaai plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'