Die punte wat hulle hiermee verdien het, het hulle 'n goeie hupstoot op die punteleer gegee, maar daar is nog heelwat interklub-kompetisies wat wag. Die kompetisie is in die Wildernis- en Swartvlei-gebiede gehou. Die weersomstandighede was beter as die vorige kompetisie en heelwat meer vis is gevang. 'n Totaal van 97 visse is geland met 'n gesamentlike gewig van 553kg. Hiervan is slegs een vis teruggehou en die res lewendig teruggesit.
Anthony Gifford van Knysna Hengelklub het die grooste eetbare vis, 'n Knorhaan van 3.93kg gevang en met die Mugg & Bean (Garden Route Mall) prys weggestap. Brian Fuchs van die Weermagklub op Oudtshoorn het die grootste oneetbare vis gevang, 'n diamantrog van 63kg met Mathew Sumner van Stilbaai Hengelklub wat 'n mooi duckbill van 48kg geland het.
Uitslae
A-liga - 1. Stilbaai 103.26; 2. Triton 86.96; 3. Outeniqua 64.65; 4. George 57.24; 5. Knysna 54.66; 6. Atlantic 42.58; 7. Mosselbaai 24.40.
B-liga: 1. Weermag 70.11; 2. Atlantic 29.96; 3. Outeniqua 27.34; 4. Knysna 4.18; 5. George 2.18; 6. Triton 1.06.
Die volgende kompetisie vind op 8 November plaas. Suid Kaap Kushengel is gretig om, as deel van hul ontwikkelingsprogram, jonger hengelaars na die sport te lok. Hengelaars van 16 jaar en jonger word genooi om Johan Strauss (president) by 082 571 3107 of André Nel (sekretaris) by 082 805 2134 te skakel. Geen ledegeld sal vir die eerste jaar van die nuwelinge gehef word nie. Ander hengelaars is ook baie welkom om die sportsoort te betree.

Anthony Gifford van Knysna met sy knorhaan van 3,63kg.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'