HEIDELBERG NUUS - Die skool het hulle tweede sosiale swemgala by die munisipale swembad op 1 Maart gehou.
Die voorskoolse swemmers op hulle 'noodles' het die aand afgeskop as die sterre van die toekoms, en was gevolg deur laer- en hoërskooleerders in hulle verskillende ouderdomsgroepe wat die pas aangegee het.
Die ouer/kinders aflos was volgende aan die beurt tot groot vermaak van die toeskouers.
Hier kon hulle sien waar elke jong swemmer se talent vandaan kom.
Laaste op die program was die volwasse aflosse, wat uit drie mansaflosspanne bestaan het, asook een vrouespan wat teen mekaar gekompeteer het.
Oud en jonk was daar om deel te neem of om aan te moedig. Hoewel die weer baie dreigend die middag was, het dit die aand opgeklaar.
Die opwinding was hoog toe die enigste vrouespan, bestaande uit Jenni Napier, Janneke van Schalkwyk, Andrea Rademan en Marissa du Toit naelskraap verloor het teen die span van Glen Napier; Jaco van Schalkwyk, Bennie Meyer en Henoe Stofberg.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'