STILBAAI NUUSFLITS - Tydens die klubkompetisie is ‘n totaal van 515 visse wat 1 870,17 kg geweeg het, gevang waarvan 307 eetbare visse was, met 208 nie-eetbare visse.
Raldu Potgieter het die meeste visse tydens die interklubkompetisie gevang met AJ de Beer wat die meeste punte ingesamel het.
Xander de Beer het die meeste spesies (16) tydens die kompetisie gevang en ook die grootste nie-eetbare vis, ‘n skeurtandhaai van 127.67kg.
Lena Cronje het die grootste elf en hondhaai gevang, wat beide ‘n damesrekord is.
Die klub het hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie onlangs aangebied.
Moenie hierdie week se uitgawe misloop nie om te sien wie almal toekennings ontvang het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'