HESSEQUA NUUS - Die Nasionale B-hengelkampioenskap en Ontwikkelingskampioenskap het van 18 tot 22 Maart in Eden plaasgevind.
Nege provinsies het deelgeneem en Eden B het daarin geslaag om die goue medalje te wen. Alex Schmidt van Eden is as die tophengelaar in die B-afdeling aangewys en hy en André Grundling van Eden is tot die B-afdeling se Presidentspan verkies.
John May van Eden is aangewys as die tophengelaar in die Ontwikkelingspan, wat ’n bronsmedalje in dié afdeling verower het. May is in die Ontwikkelings-Presidentspan opgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'