STILBAAI NUUSFLITS - Die kragbootjaer van Stilbaai, Raynor Becker en sy medejaer, Hugo Erasmus van Riversdal, het drie wêreldkampioenskaptitels in die Pro Stock-klas ingepalm tydens die wêreld kragbootkampioenskap in Frankryk.
Die geleentheid het vanaf 30 September tot 8 Oktober by Frejus plaasgevind.
Hulle is as die ‘Surf’-, Longhaul’- en ‘Circuit’-kampioene aangewys, terwyl hulle ook die algehele wenners was.
Hulle het boonop die langafstandren algeheel gewen.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'