RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se eerste tennisspan het, afgesien van normale ligawedstryde, ook aan twee groot toernooie deelgeneem.
Hulle is op 24 Februarie as die wenners van die Tjaart Vorster-tennistoernooi op Cradock gekroon toe hulle met die spanne van Hoërskool Cradock, St Andrews College, Fairmount High, HTS Daniël Pienaar en die Hoër Landbouskool Marlow afgereken het.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die span hierdie toernooi wen.
Willem Wessels, gr. 12-leerder is aangewys as die beste speler van die toernooi.
Hoër Landbouskool Oakdale se eerste tennisspan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'