MELKHOUTFONTEIN NUUS - 'n Groot hoogtepunt vir Seagulls-rugbyklub was die vieringe van hul 40ste bestaansjaar, 'n besonderse mylpaal.
Die program het Donderdag 31 Augustus met 'n erkenningsaand afgeskop.
Oudspelers is vir hul bydrae tot die klub se bestaan vereer, maar ook die spelers wat tans by die klub betrokke is het erkenning gekry vir hul bydrae gedurende die 2017-seisoen.
Feesvieringe is Saterdag 2 September voortgesit in die vorm van 'n sportdag, in samewerking met Laerskool Melkhoutfontein, Panorama Primêr, Herbertsdale, De Waalville, Oker en Slangrivier.
Die klubs wat deelgeneem het, is Heidelberg, Hungry Lions, Seagulls Ou Kroks, Under Dogs en Bredasdorp.
"Ons wil al die borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het, asook diegene wat so hard agter die skerm gewerk het," het die voorsitter, Marlin Jansen gesê.
Die span van Seagulls Ou Kroks.
Laerskool Melkhoutfontein se span.
Die Under Dogs van Riversdal.
Die span van Slangrivier Primêr.
ARTIKEL EN FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'