RUGBY NUUS - Net Riversdal Blues (teen Barbarians) en Seagulls (Thistles) speel Saterdag tuis.
Met 'n bonuspuntoorwinning oor Thistles, tans in die 10de plek op die puntelys, behoort Seagulls weer in die voorste plek in die Super B-liga in te skuif.
Harlequins, die voorloper in dié liga, pak Albertinia Rangers (3de) op hul tuisveld.
'n Titaniese stryd kan hier verwag word. Heidelberg, voorloper in die Super A-liga, pak Blanco in die Gaatjie in George en hy behoort nie veel probleme te hê om die kragmeting te wen nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’