STILBAAI NUUS - Die Junior Springbokvroue afrigter, Eddie Myners, was die gasspreker tydens Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein se afsluitingsgeleentheid Saterdagaand 21 September 2024.
Mnr Myners se boodskap aan die klub was dat dissipline, bestuur en 'n verenigde span die grondslag is vir 'n suksesvolle klub en waar Seagulls aanstaande jaar opskuif na die Premier-liga gaan hierdie grondslag van kardinale belang wees.
Tydens dieselfde geleentheid het Seagulls hulle sterre vereer en Eliscu Amla Kuyler is nie net aangewys as sportman van die jaar nie, maar hy is ook die spelers se speler van die jaar.
Die junior sportman van die jaar is Devan Kleinhans.
Lees meer van die ander wenners in die gedrukte weergawe van Suid-Kaap Forum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’