RUGBY NUUS - Seagulls is Saterdag 15 Julie vir die derde keer die seisoen 'n lelike skrik op die lyf gejaag toe hulle net-net in hul wegwedstryd teen Collegians van Oudtshoorn met 29 - 27 die knie moes buig.
Die tuisspan het rustyd met 17 - 14 voorgeloop.
Die wedstryd is deurgaans voor- en agterlangs hard gespeel. Seagulls was egter ongelukkig om die wedstryd te verloor, maar kon darem drie keer agter die doellyn gaan kuier.
As Seagulls die seisoen meer sukses wil behaal sal hulle beslis meer doelgerig moet wees.
Vir Seagulls het Wilhelm Solloman (heelagter), Nathan Lombard (senter) en Hyron October (plaasvervangerslot) elkeen 'n drie gaan druk. Solloman het ook twee straf- en drie doelskoppe bygevoeg.
Seagulls se B-span ook met 12 - 8 verloor nadat Collegians rustyd met 5 - 3 voorgeloop het.
Vir Seagulls het Teswill Rhoda (heelagter) 'n drie gedruk met Delano Jacobs (losskakel) wat met een strafskop geslaag het.
Seagulls speel Saterdag 22 Julie tuis teen Brandwag en hier kan 'n reusestryd verwag word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’