Update Video
STILBAAI RUGBY NUUS EN VIDEO - Albei spanne van Seagulls-rugbyklub het Saterdag 6 Julie in hul SWDRU Presidentsligawedstryd op Melkhoutfontein se veld oor die spanne van Ladismith geseëvier.
Hoewel die A-span opdraande in die eerste helfte gekry het, het 'n sterk wind in die tweede helfte saamgespan om aan hulle 'n oorwinning van 46-23 te besorg.
Met rustyd was hulle naelskraap met 15-13 voor.
Die B-spanne het vanaf 'n rustydtelling van 24-0 voortgegaan om met 63-0 in die guns van Seagulls te eindig.
Die A-span se punte het bestaan uit 8 drieë wat onderskeidelik gedruk is deur T Swart, J Petersen, R Riddles, W Hendricks, H Riddles, R Visagie, R Daries en G Kleinhans.
J Petersen en D Jacobs het vir die res van die punte gesorg met een doelskop vir Petersen en twee vir Jacobs.
Puntemakers vir die B-span was Roland Vermeulen, Gertwin Kleinhans, Corné Witbooi, Jason Witbooi en Hyron October wat elk een drie gedruk het, asook Hilton Kortjé, Eldon Manho en John Busch wat almal met twee drieë agter die doellyn gekuier het.
Al vier die geslaagde doelskoppe is deur Eldon Manho waargeneem.
Die Seagulls se hoofafrigter, Duane Deutschen, het 'n boodskap vir die res van die Presidentsliga: "Die Seagulls is op pad!"
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Seagulls rugby sit vir Ladismith ore aan
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'