STILBAAI NUUS - Alison Bryant, voorsitter van die Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het in haar persoonlike hoedanigheid toerusting en wedstrydballe aan Seagulls-rugbyklub geskenk.
Sy het die toerusting op Saterdag 29 April aan die bestuur van Seagulls-rugbyklub tydens hulle braai- en-slaai-fondsinsameling by Melkhoutfontein-sportterrein oorhandig.
Alison sê dat dit vir haar en haar man 'n voorreg is om in die gemeenskap van Melkhoutfontein betrokke te wees en sy hoop dat hierdie toerusting hulle sal help om die liga in 2023 te wen. Sy sê verder dat dit wonderlik is om te sien hoe die jeug opkyk na die spelers en deur hulle geïnspireer word.
Hanri October, voorsitter, het haar bedank en gesê dat hulle dringend wedstrydballe nodig gehad het en dat hierdie toerusting vir seker baie gaan help.
Hanri het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die gemeenskap te bedank vir hulle ondersteuning met die braai-en slaai-fondsinsameling.
Seagulls se volgende tuiswedstryd is Saterdag 20 Mei teen Silver Stars van George en die klub nooi een en almal uit om asseblief te kom ondersteun.
Agter, Van links is John Albertyn, Hyme Kortje, Angelo Busch, Peter-John Petersen, Hanri October (voorsitter), Leander October, Alison Bryant, Anna Petersen en Nicolaas Pietersen. Voor: Willem Hendricks, John Busch en Morné Sefoor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’