STILBAAI NUUS - Alle paaie lei Saterdag 15 Junie na Melkhoutfontein waar die twee buurspanne mekaar op die rugbyveld takel.
Riversdal Blues kom pak Seagulls in hulle agterplaas en dit beloof om 'n titaniese stryd te wees.
'n Derby sorg altyd vir heelwat emosie en Seagulls gaan staatmaak op hulle getroue ondersteuners om te help om hierdie wa deur die drif te trek.
Ruk op na Melkhoutfontein Sportgronde Saterdagmiddag, die hekke open al 11:00, en help Seagulls om hierdie klipharde wedstryd te wen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’