Update
ALBERTINIA RUGBY NUUS - Die Rangers het Saterdag 15 Junie byna in Riversdal Blues se spore gevolg deur Seagulls van Melkhoutfontein te onderskat.
Die Albertinianers het 'n naelskraapse oorwinning met 18-17 op hul tuisveld behaal.
Seagulls se geesdrif was duidelik sigbaar toe hulle die veld opdraf en hulle het met pragtige hardlooprugby vorendag gekom. Dié jong span se rotsvaste verdediging en balhantering was puik en die tuisspan kon net nie lekker op dreef kom nie. Seagulls se skrumwerk was indrukwekkend en hulle het Rangers se swaar agtal 'n paar keer teruggeskrum.
Die plaaslike ondersteuners was duidelik nie beïndruk omdat hul ervare span so teen die veel jonger span sukkel en slegs twee doele kon aanteken nie.
Rangers se B-span wen met 36-20.
Puntemakers
Rangers A: Drieë - Jonthan Matiso en Bronwyn Vaaltyn. Doele - Matiso (2).
Rangers B: Drieë - Keanon Tarentaal (2), Abraham September en Shonnie Jansen (strafdrie). Doele - Keano Tarentaal (19 punte).
•Lees 'n vorige artikel hier: Rangers so byna verras
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'