RIVERSDAL RUGBY NUUS - Die A-span van die Blues is Saterdag 22 Februarie oortuigend deur Seagulls A van Melkhoutfontein gewen.
Die eindtelling vir die A-spanne in hul vriendskaplike wedstryd op die dorp was 26-14.
Die jong Seagulls-span het uit die staanspoor gewys hulle is honger om die Blues voor hul tuisskare te vermorsel.
Hulle het vroeg in die wedstryd binne 15 minute drie drieë gedruk en almal is deur senter Reagon Riddles verdoel.
Blues kon nie aan die gang kom in die eerste helfte nie en een fout na die ander het opgeduik. Seagulls se agterlyn het beïndruk. Balverspreiding was vinnig en verdediging was goed.
Die tuisspan het meer kompeterend in die tweede helfte gespeel, maar harde werk lê volgens Blues se afrigters vir die span voor.
Blues se B-span het beter gevaar deur met 22-12 oor Seagulls se B-span te seëvier.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'