MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - Beide die A- en B-spanne van Seagulls Rugbyklub het Saterdag 15 Julie hul wedstryde teen Arrows van Slangrivier gewen.
Die wedstryde in die Presidentsliga (Langebergstreek) het op Melkhoutfontein se gronde plaasgevind en is in goeie gees gespeel.
Die span se volgende wedstryde is op 29 Julie teen Blues (tuis) en op 5 Augustus teen Rangers (tuis).
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'