RIVERSDAL RUGBY NUUS - Riversdal-rugbyklub se amptelike oefening skop reeds Dinsdag 22 Januarie af.
Alle oud en nuwe spelers moet by die veld om 19:00 aanmeld. 'n Bestuursvergadering sal voor die oefening om 18:50 gehou word.
Nuwe spelers moet 'n vertreksertifikaat van sy vorige klub saambring en 'n afskrif van sy identiteitsdokument. Foto's sal by die veld geneem word.
Vir meer inligting oor die afrigting kan voorsitter Gert Jacobs by 064 644 4743 of Breyton Nomdo by 078 308 1087 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'