MELKHOUTFONTEIN NUUSFLITS - ‘n Splinternuwe skrummasjien is Maandag, 27 November deur die Wes-Kaapse minister van sport, Anroux Marais aan Seagulls-rugbyklub oorhandig.
Die projek om dié oefenapparaat aan te skaf, is geruime tyd gelede begin.
Die voormalige voorsitter van die klub, Marlin Jansen, asook Hessequa-burgemeester Grant Riddles het die minister en haar department vir die apparaat bedank.
Die minister het gesê dat dit belangrik is dat almal saam kan werk om die kinders te bemagtig en het dit beklemtoon dat die behoeftes en talent geïdentifiseer en ontwikkel moet word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'