Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Groot verrasings is tydens die rugbywedstryde opgelewer met al die plaaslike gunstelingspanne wat vroeg uitgeval het tydens die jaarlikse Heidelberg Sportdag gedurende die naweek van 28 Oktober.
Die verrigtinge het met 'n groot optog vanaf die Duivenhoks-gemeenskapsaal deur die Oos-Dorp via die sentrale dorpsgebied tot by die sportgronde begin.
Altesaam 15 rugby- en ses netbalspanne het Saterdag op die rugbyveld en netbalbaan sake uitgespook. Rugbyspanne van Malmesbury, Robertson, Kaapstad, Riversdal en Slangrivier het deelgeneem.
Die akteur Maurice Paige het gewys dat hy nie net kan toneelspeel nie, maar ook rugby.
Die span van Boezak Bouers van Slangrivier het 'n rekord oorwinning behaal deur die Cape Bentonite span met 61-0 te klop.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'