RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues is op soek na afrigters vir die 2024-seisoen. As jy belangstel sal jy moet spring, want aansoeke sluit vandag.
Belangstellendes moet 'n verkorte CV, dekbrief en verwysings rig aan die klubsekretaresse, Liezel Saayman. Stuur dit aan met 'n e-pos na lieselsaayman007@gmail.com.
Aansoeke kan ook met die hand afgelewer word by Liesel in Langstraat 79, Riversdal.
Die sluitingsdatum vir aansoeke sluit op Vrydag 17 November.
Kandidate wat belangstel moet oor 'n bewese ervaring en uiteenlopende kennis van afrigting beskik en ook na die bestuur van spelers kan omsien.
'n Goeie kennis van die nuutste taktieke en oefen- en afrigtingsmetodes is 'n vereiste en kandidate moet ook ervaring hê in die opstel van oefenprogramme en wedstrydbeplanning.
Die suksesvolle kandidaat sal, afgesien van die afrigting en bestuur van die spelers, ook basiese beginsels soos stiptelikheid en die gereelde bywoning van oefeninge moet bestuur. Hy sal ook betrokke wees met spankeuses.
Suksesvolle kandidate sal gekortlys word en vir 'n onderhoud met die uitvoerende bestuurskomitee genooi word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’