RIVERSDAL NUUS - Ná 'n aanvanklike stadige begin het Riversdal Blues hom Saterdagmiddag in die Riverville-stadion in die laaste kwartier van sy taai derby teen Albertinia Rangers mooi reggeruk en met twee blitsdrieë die wedstryd met 42-25 in sy guns beklink.
Die eerste helfte was 'n wipplankstryd met Albertinia wat vinnig die voortou geneem het met 'n mooi drie nadat hulle die tuisspan se verdediging onkant betrap het. Die Blues het met strafskoppe binne trefafstand gebly en met rustyd, met die telling op 18 elk, was daar nie veel tussen die twee spanne te kies nie.
Vir 'n halfuur in die tweede helfte het albei spanne sterk aangeval, maar nie een span het die ander oorheers nie. Albertinia het vir 'n ruk lank met 25-18 voorgeloop, maar die Blues het al meer druk begin toepas.
In die laaste kwartier het Blues, danksy die kragspel van sy pak voorspelers, die pas aangegee en die wedstryd in sy guns beklink met die twee laat drieë.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’