Gallery
RUGBY NUUS - Riversdal Blues het sy rugbyseisoen op 'n hoogtepunt afgesluit toe hy Albertinia Rangers Saterdag 8 Oktober op Outeniquapark in die eindstryd van die SWD Super B-liga met 21-16 geklop het.
Dit was 'n naelbytstryd met nie een van die twee spanne wat oorheers het nie.
Maar Riversdal, wat vanjaar sy ondersteuners met goeie aanvallende spel vermaak het, het verdien om dié beker te wen.
Hoewel Crusaders vir Heidelberg in die eindstryd van die Super A-afdeling met 25-13 geklop het, kan Hessequa se topspan sy kop omhoog hou.
Crusaders, met meer as net 'n handvol oud-provinsiale SWD-spelers in sy geledere, het nie oor Heidelberg gestoomroller nie. En Heidelberg het enduit geveg en nooit gaan lê nie.
Dit spreek boekdele van sy karakter.
FOTOGALERY: Riversdal Blues oorwin Albertinia Rangers op Outeniquapark
Die ondersteuners. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'