ALBERTINIA NUUS - Die Seagulls is op Saterdag 2 Junie in 'n SWD Presidentsligawedstryd op die dorp se sportstadion in die eerste helfte in alle afdelings van die spel oorskadu.
Die Rangers wat tans as 'n wegholtrein beskou kan word, het Seagulls met 43-20 verneder. Die tuisspan het 'n allemintige 7 drieë gedruk teenoor die 3 van die Seagulls.
Puntemakers vir die tuisspan:
Conroy Matiso (slot), Keanen Tarentaal (losskakel), Bradley Saayman (haker), Calwyn Kortje (skrumskakel), Bronwyn Valtyn (buitesenter), Allen Smaai (agsteman) en die plaasvervanger Andri Buys asook hulle doelskopper Keanen Tarentaal (losskakel x4).
Die besoekers se puntemakers: Hyron October (flank), Wilhelm Sellmans (heelagter) en Henrico Riddles (slot) asook, hul doelskoppe en strafskoppe Wilhelm Sallmans (heelagter).
Die Rangers B-span wen met 15-11 nadat hulle met rustyd 7-6 voor was. Hulle puntemakers was Ethan Phillips (heelagter) en Cullen Joseph (buitesenter), asook hul doelskoppe en strafskoppe Elroy Buis (losskakel).
Die besoekers se puntemakers was Jaque Julies (slot) en strafskoppe Luzane Pieterse (skrumskakel x2).
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'