ALBERTINIA NUUSFLITS - Die plaaslike rugbyklub het Saterdag 29 Augustus op hul tuisveld groot verwoesting onder Arrows van Slangrivier gesaai en beklink die SWDRU Presidentsliga (Langebergstreek) wedstryd met 74-9 in hul guns.
Slegs 'n paar onnodige foute aan die besoekers se kant het aan hulle die nege punte besorg.
Rangers het vanuit die staanspoor voluit gegaan en nie toegelaat dat die koue hulle kortwiek nie. Hul kragtige skrumwerk het veroorsaak dat Slangrivier se voorryspelers gesukkel het om balbesit te behou en hier kan die name van voorryspelers Johnny Swart, Bradley Saayman en Duran Vaaltyn uitgesonder word.
Rangers se agterlyn het egter te veel foute in die eerste helfte begaan en hul afrigters geensins met goeie spel beïndruk nie.
Rangers se B-span het vyf punte verdien omdat die besoekers se B-span nie opgedaag het nie.
Lees volledige berig in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'