Gallery Update
RUGBYNUUS - Die skare op Outeniquapark wat vasgebyt het in die reën kan nie vanaand teleurgesteld wees nie.
Die Arende het wel op hul tuisveld 31-12 verloor,maar die Pumas weet hulle was in 'n wedstryd betrokke.
FOTOGALERY: Reën skrik nie Pumas af nie
Dit was kliphard en fisiek in baie nat omstandighede.Die Arende het hul man gestaan en twee keer agter die doellyn gaan kuier.
Hou gerus in gedagte dat die Pumas nie te lank terug die Curriebeker omhoog gehou het en daarna in nog 'n eindstryd gespeel het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’